Mvula Yoyo is ’n boorling van Victoria-Wes in die skone Noord-Kaap. Hy moes noodgedwonge Oos-Kaap toe gaan, waar hy aan die bekende Healdtown Instituut van Sobukwe en Mandela gematrikuleer het. Hy studeer later verder en is vir ’n klompie jare werksaam in die Universiteit van Fort Hare se Departement Afrikaans-Nederlands, waar hy dan ook sy doktorsgraad verwerf het.
Yoyo het onlangs afgetree as transformasiebestuurder by Mediclinic Suidelike Afrika. Hy dien tans op die direksie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en die Suidoosterfees.