Veronique Jephtas

Veronique Jephtas is ’n 23-jarige skrywer, aktivis, digter, spoken word kunstenaar, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 by die Universiteit Stellenbosch voltooi, waar sy in kreatiewe skryf spesialiseer het. Veronique se fokus is skryf, en sy was in 2008 by Teksmark met Hoe change hulle olv Lee-Ann van Rooi en in 2010 met My kroon se krank, olv Quanita Adams.

Veronique se fokus is om Kaaps te bevorder in die teaterbedryf en om te skryf en skryf sodat wanneer studente en leerders van kleur oor 5–10 jaar ’n monoloog, prosa of gedig soek om op te voer, hulle nie ver hoef te soek vir stories en taal wat na aan hul hart is nie.

Sy het haar debuut as dramaturg by Woordfees 2020 gemaak met Hoe change hulle met Marlo Minnaar, olv Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Fiësta-bekroonde produksie Jakkals en Wolf Onbeperk, deur Malan Steyn, en regie deur Amelda Brand. Veronique is ook een van die ses skrywers wat gekies is om in Julie 2020 in die Jakes Gerwel huis te gaan woon vir die Afrikaanse skrywersresidensie.

Sy is die een wat die “Dear Mr President”-gedig en ook “The apology we never got” geskryf het, wat veral gegaan het op sosiale-media-platforms. Sy is passievol oor kwessies soos gender-based violence, vroueregte en menseregte, asook regverdigheid.

In haar vrye tyd lees sy, probeer sy allerhande life hacks kry op YouTube, en vat dit dag vir dag. https://www.litnet.co.za/author/veronique-jephtas/