Van hakkelaar tot talentvolle kletsrymer
Deesdae is Robin-Dean Fourie ’n begaafde kletsrymer en ook die kreatiewe regisseur van ATKV- Crescendo , maar al rol die taal deesdae van sy tong af, het Robin vir jare oor sy woorde gestruikel.
“Ek het tot in my hoërskool jare gehakkel. Ek dink dit is waar my liefde vir woorde vandaan kom . Dit kom uit ’n plek van frustrasie waar ek nie altyd myself kon uit druk Soos wat ek wou nie ,” sê hy. Uit sy woede en frustrasie het Robin geleer om die taal en Woorde te omarm en is hy van dag ook die kursusleier van ATKV Crescendo sementorprogram .“Mense het altyd gedink ek het nie eintlik iets om te sê nie , omdat ek altyd stil was of nie my denke en emosies in woorde kon uit druk nie . Met die Mentorskap program wil ek juis ander kunstenaars help om nooit te voel soos wat ek gevoel het nie .”Volgens Robin, wat op die verhoog bekendstaan as Die Hooflig , staan hy en die ander mentors jong en opkomende kunste naars by, sodat hulle ’n sukses van hul loopbane kan maak.
“Ons gee vir hulle die gereedskap wat hulle vir die pad vorentoe benodig . Ons probeer hulle paaie in die musiek industrie net bietjie meer gelyk maak.” Robin meen dat ’n kunstenaar se talent geslyp kan word, maar dat sy mens wees belangriker is. “Ons leer die kunstenaars by Crescendo hoe om eties op te tree. Ons help hulle bou aan hulle waardes. Jy moet in die eerste plek ’n goeie menswees voor dat jy ’n goeie kunstenaar kan wees. Musiek vloei uit jou menswees uit .” Hy sê sy liefde vir musiek kom van kindsbeen af. “Daar was altyd musiek in ons huis en die groot mense het altyd stories vertel en dit het my gefassineer hoe jy met woorde en musiek mense kan boei. As dinge jolig geraak het in die huis het ons almal saam gesing . Musiek en woorde bring mense bymekaar.”