Julian Jansen

Experienced Journalist with a demonstrated history of working in the media production industry. Skilled in Crisis Communications, Headline Writing, Breaking News, Journalism, and Media Relations. Strong media and communication professional with a BA, B.Ed, HTD focused in Geography & History from UWC.

Wie is Julian Jansen?

Wie is ek?

Joernalis vir Media24 en gebaseer in Roggebaai, Kaapstad, Voormalige provinsiale woordvoerder vir die LUR: Gemeenskapsveiligheid, departementsHoof: Geografie, Gordon Hoërskool in Somerset Wes, met ‘n onblusbare passie vir ondersoekende joernalistiek.

Gebore in die destydse Transkei, meer presies Lusikisiki, naby Port St. Johns aan die Oos-Kaapse Wildekus. Opgegroei in die Strand, ‘n kusdorpie en sowat 52km vanaf Kaapstad. Oud-leerling van Dr. G.J. Joubert Primer en Hoërskool Gordon.

Ek praat nie baie nie – eerder ‘n doener met skryf, woorde, woordbou, woordkap, -messel en -skilder, maar eintlik babbel ek met woorde, want ek is geen literêre siel is nie. Ek skryf wat ek weet, onthou, voel en dink én sien, uit my persoonlike ervaringe en persepies uit die doer jare en nou. En ek draai meestal nie doekies om nie. As ek skryf ek het op ‘n dag my hare in matriek met Wella Strate probeer reguit maak en toe my kopvel so gebrand, dat dit dae daarna vol rofies was, dan is dit so, dit was so. Dat my gryser hare lekker straight, maar … uitval, is dit so ja.

Ek is ‘n trotse Strandnaar, opgegroei in 12de straat no. 11 en Noltestraat 31 in South End en gevorm deur die wel en wee van ‘n meelewende gemeenskap wat verskuif is uit die dorpgebied na die godsverlate vlakte, genoem Lost World – ‘n gebied waar die koekemakranka kol-kol opgeskiet het en die watervleie in die winter rondom die huise gelê het, waar die tierende suidoos in die somer stofwolke deur die woonbuurte gejaag het. Saterdaemiddae, destyds, het die rugbyskare op die Kraal (rugbyveld in Abbattoir Road) die dorpspanne sos Wesleys, Auroras, Ex Scholars en Strand United, aangemoedig, terwyl die Luxor- en die Embassy-bioskoop stampvol was. Vir vyf sent kon jy twee flieks sien. Waar die skollies in chalkstripe-broeke by die bruggie naby die slagpale in Mydrechtraat gestaan het. Die kinders tot laataand in Webbstraat en elders gespeel het.

In die voorhuise het ons onder of langs die grêm gelê, kop amper teen die speaker om die radioverhale the luister. Brug oor Satansvallei, Dans van die Flamink, en baie meer smiddae.

Ons (bruin) Strand het geeindig by 12de straat en Broadlandsstraat, verder aan was daar net vlak(te) – oom Berend Eyman se skape wat wei, ‘n gebreekte dammuur, vlei, surings, ghonnangs, veldblomme, Port Jacksonbome en doer die begraafplaas waar ons mense sedert 1901 begrawe is.

Ek het 18jaar (Aardrykskunde gegee) skoolgehou hier in die Helderberg en woon nou in Southfork, Strand en glo dit of nie, met die voorletters JR! – vir Julian Roy. Ek is die arm JR, maar hopelik skatryk aan woorde.

IN 2006 het ek ‘n malperd opgesaal en vir ‘n Sondagkoerant gaan werk – as joernalis/verslaggewer, was ‘n wyle woordvoerder vir die Weskaape ministerie van gemeenskapveiligheid..en nou terug by die Sondagkoerant.

Merendeels pendel tans per trein na Kaapstad – petrol het ‘n luuke en dalk ‘n verjaardaggeskenk-opsie geword. LOL, maar ek is terug tusen die mense, mengelmoeskarakters, van beide kante van die spoorlyn.

My lewe tot op hede, het afgespeel tussen twee berge, die Hottentots Hollandberge en Tafelberg – woon op Strand, skool op Somerset-Wes, Universiteit van Wes-Kaapland in Bellville, werk in Kaapstad.

As van my woorde dalk soms hard, onsensitief lyk, sit gerus jou donkerbril op. My ervaringe van die lewe in die Strand en Kaap se kant toe, soos baie van mede-vlaktegenote hier, was ‘n spesery-mosaieklewe.

Yep, en ek is focken trots op my herkoms en agtergrond en positief, opgewonde op waarheen ek op reis is – paaie waar min nog afgedraai het.